Hy sal moet waak teen retoriek, reken kenners (30.07.09)

Hy sal moet waak teen retoriek, reken kenners (30.07.09)

By Julian Rademeyer

Mnr. Bheki Cele, nuwe nasionale polisiekommissaris, sal moet waak teen emosionele uitsprake wat polisielede verkeerd kan vertolk – soos "skiet om dood te skiet".

So sê dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS).

Hy sê Cele het in KwaZulu-Natal 'n goeie verhouding met die polisie opgebou.

"Onder polisielede is hy 'n aanvaarbare politieke hoof. Hy moet nou net die skuif maak van 'n politieke na 'n operasionele platform."

Burger, wat in 1993 saam met Cele 'n kursus in Engeland bygewoon het, sê hy was "tog beïndruk met die ou" en "sy vermoë om situasies netjies uiteen te sit".

"Hy is charismaties en flambojant en soms kom sy uitsprake bietjie wild oor."

Mnr. David Bruce, 'n senior navorser by die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening (CSVR), sê 'n uitdagende pos staar Cele in die gesig. Bruce het kommer uitgespreek oor Cele se aanstelling.

"Iemand wat geneig is om harde retoriek oor misdaad te gebruik pleks van die polisie te lei oor hoe mag reg gebruik word, verwar net die lede."

In Beeld .

+ posts

CSVR is a multi-disciplinary institute that seeks to understand and prevent violence, heal its effects and build sustainable peace at the community, national and regional levels.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Translate »